OUDTSHOORN NUUS - Miemie van Niekerk het verlede Saterdag by die 343ste Oudtshoorn-parkrun die mylpaal van 200 parkruns behaal.
Die 5 km-wedloop is oudergewoonte by Surval-olyflandgoed gehou met die junioratleet Zack Botha (17), wat die algehele wenner was.
Johan Griffioen was tweede gevolg deur die 11-jarige Logan Ellis, derde.
'n Besoeker van die Strand-atletiekklub, Chanelle Hoffman, was die vrouewenner. Altesaam 47 drawwers het deelgeneem.
Die voorste drawwers was:
- Zack Botha (22:18)
- Johan Griffioen (23:50)
- Logan Ellis (24:42)
- Chanelle Hoffman (27:11)
- Johann Coetzer (27:39)
- Sean Coetzee (28:04)
- Marinda Botha (28:22)
- Johann Botha (28:23)
- Albertus Kennedy (29:21)
- Mona-Maré Griffioen (29:25)
Oudtshoorn-parkrun word elke Saterdagoggend by Surval-olyflandgoed aangebied en deelname is gratis. Wegspringtyd is 08:00.
Zack Botha se tyd was die vinnigste. Foto's: Garnett Wicomb
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’