Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee vrouens is hospitaal toe na 'n botsing in Parkweg vanoggend.
'n Nissan X-Trail en Volkswagen Polo was in teenoorgestelde rigtings met Parkweg onderweg toe die Polo skynbaar regs in Kerkstraat wou indraai en met die X-Trail gebots het.
Die X-Trail het met die impak van die botsing op sy sy beland.
Die bestuurder van die X-Trail het volgens omstanders uit die voertuig geval en die voertuig het bo-op haar geval.
Mans wat op die toneel was het die voertuig opgelig en die vrou uitgetrek. Sy is ernstig beseer. Haar man het matige beserings opgedoen.
Die vrou wat in die Polo was is deur haar man na die hospitaal geneem. Haar toestand is nie bekend nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die Volkswagen Polo.
Die X-Trail het met die impak van die botsing op sy sy beland.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'