Twee seuns wat in die veld was het die motor sien aankom en vertel dat hulle die volgende oomblik skuurgeluide op die gruis en 'n harde slag gehoor het.
Die motor het op sy dak, sowat 20m vanwaar dit die pad verlaat het, tot stilstand gekom.
Omstanders het die bestuurder bygestaan terwyl daar op die nooddienste gewag is.
Leandri (25) het vanoggend gesê sy het haar skouer en haar arm seergemaak en het baie kneusplekke, maar niks is gebreek nie. Hanli (24) word vanoggend oorgeplaas na die George Mediclinic.
Volgens Leandri het hulle minder as 60km/h gery toe die kar om die draai op los gruis gerol het. Hulle het ook hul veiligheidsgordels aangehad.
Inwoners maan motoriste om versigtig op hierdie stukkie pad te wees omdat dit vol los gruis is.

Die ongelukstoneel.

Twee vrouens, Leandri Marks en Hanli van Jaarsveldt, is beseer toe die Kia Picanto waarin hulle was op die grondpad duskant die SAPD Honde-eenheid gisteraand omstreeks 18:00 gerol het.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'