OUDTSHOORN NUUS - Twee verdwaalde honde wat baie honger en dors was, is sowat 'n halfuur gelede deur 'n vrywilliger van Oudtshoorn Dogs in Need na die diereskut geneem.
Die twee honde dwaal reeds die heeloggend in die sakekern rond.
Die Oudtshoorn Courant het ODIN gekontak.
Indien iemand die honde herken, kan hulle die skut by 044 203 3927 kontak.
Die twee verdwaalde honde was baie honger en dors. Foto: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'