BEAUFORT-WES NUUS - Twee mans is Dinsdag tussen Beaufort-Wes en Klaarstroom in 'n botsing reg van voor dood.
Die liggaam van een van die mans moes deur nooddienste met meganiese toerusting uitgesny word.
Volgens kapt. David de Klerk, woordvoerder van die Beaufort-Wes-polisie, het die ongeluk naby Seekoeigat gebeur, ongeveer 80 km van Beaufort-Wes af.
"Die ongeluk het op 'n blinde hoogte gebeur. Daar was een persoon in elke voertuig en beide is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die wit Nissan-bakkie is van Beaufort-Wes en die bestuurder van die ander voertuig is vermoedelik van Gauteng."
Die ander voertuig was 'n maatskappyvoertuig van HiChem.
Geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.
Die HiChem voertuig na die ongeluk.
ARTIKEL & FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Klein Karoo nuus'