Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO'S - Die gebou van Dr Barnard en die gebou waarin Max Auto geleë is (beide in Langenhovenweg) het groot skade gekry ná 'n brand vroeër vanmiddag by die huis langs die spreekkamers begin het.
Sweiswerke wat naby gedoen is het vermoedelik vonke veroorsaak, wat die plante op die spreekkamer se gronde aan die brand gesteek het.
Die brand is egter vinnig deur die wind aangeblaas en kole het oor die pad gewaai; wat die brand by Max Auto veroorsaak het.
Sover vasgestel kan word, is niemand beseer nie, maar is die geboue wel beskadig.
Kyk video's hieronder:
Daar is skade aan die geboue.
Foto: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'