OUDTSHOORN NUUSFLITS - Twee buitelandse toeriste is ongedeerd nadat hulle Sondag sowat 6 km buite Oudtshoorn in 'n botsing betrokke was.
Dit blyk dat hulle by Buffelsdrift was en op pad na Oudtshoorn, aan die verkeerde kant van die pad gery het.
Hulle het uitgeswaai vir 'n motorfiets wat van voor gekom het en 'n paal langs die pad getref.
Dit is die tweede botsing op die grottepad waar buitelanders aan die verkeerde kant van die pad gery het.

Die kar van agter.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'