Update
OUDTSHOORN NUUS - Die kanse dat die Swartbergpas vandag weer oopgestel sal word is skraal. Teen 12:45 was die spesiale herwinningsvoertuig wat ontbied is, nog nie op die toneel nie.
Volgens die eienaar van 'n Insleepdiens in Oudtshoorn, wat bekend is met die omstandighede, sal die herwinning van die trok waarskynlik nie teen vanmiddag afgehandel wees nie.
Die pas is by Kobus se Gat aan Oudtshoorn se kant gesluit en by die afdraai vanaf Prins Albert se kant.
Besoedeling wat veroorsaak is deur die vragmotor se diesel wat in 'n waterstroom beland het kon gelukkig gekeer word voordat dit 'n opgaardam bereik het. Volgens noodpersoneel op die toneel het die koring wat in die stroom beland het gelukkig van die diesel geabsorbeer.
Maatreëls wat laer stroomaf aangebring is, beperk die besoedeling.
Vorige artikel: Chemical hazard after truck overturns at Kobus se Gat
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’