Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Nooddienste is op die toneel van 'n ongeluk wat op die Georgepad, sowat 10km buite Oudtshoorn, plaasgevind het.
Die bestuurder het beheer oor 'n Polo verloor en teen die rotswand gebots, waarna die motor op sy dak te lande gekom het.
Die twee insittendes is lig beseer.
Volgens inligting, was die mense vanaf George na Oudtshoorn onderweg.
Daar was nie ander voertuie in die ongeluk betrokke nie.
'n Insleepvoertuig is op die toneel en verkeer behoort binnekort weer normaal te vloei.
Meer inligting sal volg soos dit beskikbaar is.
Kyk twee videos hieronder.
Die ongelukstoneel.
Die bestuurder het glo beheer oor die Polo verloor.
FOTO'S EN VIDEO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'