OUDTSHOORN NUUS - Twee insittendes van 'n Volkswagen Polo is vanmiddag omstreeks 15:30 per ambulans hospitaal toe na 'n botsing.
Die botsing het naby die brug by Le Rouxstasie plaasgevind toe die Polo en 'n Toyota Hilux mekaar reg van voor getref het.
Volgens voorlopige inligting blyk dit dat die Polo links van die pad op die gruis beland het, teruggeswaai het en voor die aankomende bakkie beland het. Twee ander insittendes in die Polo en die insittendes van die bakkie blyk ongedeerd te wees.
Die Polo was uit die rigting van De Rust na Dysselsdorp onderweg en die bakkie was in die rigting van De Rust onderweg.
'n Ambulans by die toneel.
Die bakkie wat aan 'n plaaslike boer behoort.
Die bakkie wat aan 'n plaaslike boer behoort.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'