Volgens die skoolhoof, Colan Sylvester is hy vroegoggend van die ontploffing in kennis gestel.
Die kok, Ursula Claassen en haar assistent, Ursula August, het volgens ‘n afgetrede verpleegster, Sarah Herman, wat vir 32 jaar by die Dysselsdorp kliniek gewerk en steeds by gemeenskapswerk betrokke is, erge brandwonde opgedoen en is na ‘n hospitaal op Oudtshoorn geneem.
Sy was die eerste op die toneel om die vroue te help en ’n ambulans te skakel.
