Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder en passasier van ‘n Nissan bakkie het onderskeidelik kop- en handbeserings opgedoen toe hulle gisteraand op die De Rust-pad naby Rose Valley, teen ‘n Toyota Tazz vasgery het.
Volgens die passasier in die Nissan was hulle na Dysselsdorp onderweg toe die Toyota links van die pad stilgehou het.
“Die Toyota het links afgetrek en toe ons by hom kom het hy voor ons ingedraai.”
Die Nissan het die Toyota op die regtersy getref. Toe die polisie op die toneel kom het mense beweer dat die drie insittendes van die Toyota weggehardloop het.
Dit het later egter geblyk dat hulle wel tussen die omstanders was.
Die beskadigde Toyota is na die botsing deur ‘n aantal mense met die pad langs van die toneel af gestoot.
Die bestuurder van die Nissan het tydens die botsing ‘n wond aan sy kop opgedoen.
Foto's: Hannes Visser
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste OUdtshoorn, Klein Karoo nuus'