OUDTSHOORN NUUS - Die 1977-matriekklas van die Hoërskool Môrester hou dié naweek (11 tot 13 Augustus) na 40 jaar 'n reünie by die skool.
Die verrigtinge begin vanaand (Vrydag 11 Augustus) met 'n verwelkomingsfunksie in die skoolsaal waartydens 'n voormalige skoolhoof, Harold Muller, as geleentheidsspreker sal optree.
Die reünie word môre voortgesit met onder andere 'n besoek aan die Kango-grotte en Wilgewandel, aandete by Braaikraal en 'n dans by Face da Bass.
Die naweek word Sondag afgesluit met 'n kerkdiens om 10:00, ook in die skoolsaal, gelei deur een van die oud-Moritane, ds. David Booysen. 'n Kers sal ook vir ontslapenes van die 1977-matriekklas aangesteek word.
Die reëlingskomitee van die naweek se reünie saam met eertydse klasmaats Dinsdagaand.
ARTIKEL & FOTO: GARNETT WICOME, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'