Volgens sy ma, Mercia Marnevick, het die voorval Saterdagmiddag gebeur.
"Ek is nie presies seker wat gebeur het nie. Mense het my by die huis kom haal en gesê Conwell is met 'n mes gesteek. Toe ons by die stadion kom waar dit gebeur het, was hy reeds dood.
"Ek het gehoor die seuns het baklei en dit het blykbaar oor 'n perd gegaan. Ek was te geskok om uit te vind wat aangaan," vertel die gebroke ma.
Sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, sê Marnevick is met die mes in sy rug gesteek en die seun wat hom na bewering met die mes gesteek het is in hegtenis geneem.

Mercia Marnevick, ma van Conwell Marnevick (16),
sê haar hart is stukkend omdat haar kind op so 'n
jong ouderdom op so 'n manier moes doodgaan.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'