OUDTSHOORN NUUS - Die Eden-polisie in die Suid-Kaap het vanaf verlede Donderdag tot Sondag verskeie operasies gedoen om misdaad in die streek te bekamp.
Dit het die toemaak van dwelmhuise, stop-en-deursoekoperasies, padblokkades en die deursoeking van voertuie ingesluit.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het lede van die blitspatrollie en die Eden-gebiedsmisdaadbekampingspan op die taxistaanplek in Oudtshoorn toegeslaan.
"Die lede het 'n 14-jarige op aanklag van besit van dwelms in hegtenis geneem nadat daar 15 sakkies tik en sewe kwarte Mandrax-tablette by hom gevind is."
Dieselfde span het ook, volgens Spies, inligting oor dwelm-aktiwiteite naby 'n skool opgevolg en 90 sakkies dagga gekonfiskeer.
"'n 22-jarige verdagte is vir besit van dwelms in hegtenis geneem."
Die dagga wat naby die skool gevind is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'