OUDTSHOORN NUUS - Veertien verdagtes wat glo die eienaars van drie spazawinkels in Bridgton, Oudtshoorn van kontant en selfone beroof het, het weer vlugtig in die Oudtshoorn-streekhof verskyn.
Cheslin Bruintjies (23) Cordwill May (19), Patrick Malgas (47), Dawid Swarts (32), Corné Kammies (27) , Sam Olckers (35), Ashwill Oosthuizen (33), Numfriano Meyer (18), Patrick Fortuin (21), Wayne Johannes (22), Johan Goliath (39), Andrew Esau (24), Andrew Witbooi (19) en Henry Fortuin (30) staan tereg op aanklagte van roof.
Die staat beweer dat hulle op 10 Januarie 2017 in Petunialaan, Bridgton, drie winkeleienaars beroof het.
Nazimur Haque is glo van R150 en twee selfone beroof, Mir Haslsuin van R4 500 kontant en 'n selfoon en André van Wyk van R160 kontant en 'n krat bierbottels.
Die saak, wat reeds voor wyle streeklanddros Mark van Wyngaardt gedien het en nou weer as nuwe saak op die hofrol is, is vir die tik van die oorkonde tot 16 Julie uitgestel. Nege van die verdagtes is in aanhouding terwyl die op waarskuwing vrygelaat is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'