OUDTSHOORN NUUS - Die 12de Oudtshoorn Cansa Relay for Life, met die tema Sonslim, het Saterdagaand by die De Jager-sportkompleks plaasgevind.
Bykans 50 spanne het vanjaar ingeskryf vir dié geleentheid wat tot die volgende oggend 06:00 geduur het.
Merle Singh, voorsitter van Garden Route Cansa Relay for Life, het die fakkel aan Japie Coetzee (voorsitter van Oudtshoorn Cansa Relay for Life) oorhandig.
Colan Sylvester, Oudtshoorn-burgemeester, het in sy toespraak die gemeenskap herinner dat die Cansa Relay for Life se doel is om hoop te verleen met die oog op oorwinning.
"Ons herdenk ook ons geliefdes se lewens wat nie meer met ons is nie," het hy gesê.
Talle kankeroorwinnaars het tydens die geleentheid drie triomfantlike rondtes om die baan geloop onder begeleiding van 'n orkes terwyl die toeskouers hulle luidkeels toegejuig het.
Kankeroorwinnaars het drie keer om die tartanbaan geloop as 'n simbool van hul oorwinning.
Heerlike roosterkoek en samoesas was by hierdie stalletjie te koop gewees.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'