OUDTSHOORN SPORT NUUS - Lian Verwey (12) het Saterdag die 322ste Oudtshoorn-parkrun by Surval-olyflandgoed met 'n skitterende tyd van 21 minute 32 sekondes gewen met Morné Pienaar (22:22) in die tweede plek en DW Botma (22:23) wat in die derde plek klaargemaak het. Altesaam 70 deelnemers het op die dag deelgeneem.
Nicole Feldmann wat aan haar tweede parkrun deelgeneem het, was die vrouewenner met haar tyd van 28 minute 51 sekondes.
Nog 'n junior, Stiaan van Wyk (23:08) was vierde oor die eindstreep, gevolg deur Francois Verwey (23:34), Jandré Bakker (23:44), Johann Coetzer (24:33), Cobus Diepraam (26:02), Hermanus Munro (26:36) en Logan Ellis (26:50).
Nicola Feldman was die vrouewenner in slegs haar tweede parkrun.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'