Só vertel Marise Oberholzer, projekbestuurder by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) en koördineerder van die kongres. Onderwysers kon kies om aan werksessies deel te neem in die Seniorfase (graad 8 tot 9) of die VOO-fase (grade 10 tot 12).
Die tema van die kongres, wat deur die SBA aangebied is, was "Woeker met Wiskunde" en het op hoërskoolwiskunde-onderwysers gefokus.
Volgens Danie van Wyk, uitvoerende hoof van die SBA, bestaan die kommer dat verskeie matrikulante steeds met basiese konsepte sukkel en dat onderwysers ook soms sukkel om meer ingewikkelde konsepte aan hul leerders oor te dra.
`n Groep van 110 Wiskunde-onderwysers van regoor die Wes-Kaap het die kongres bygewoon.
_516964783_tn.jpg)
Danie van Wyk, uitvoerende hoof van die SBA, Gordon April, burgemeester van Groter Oudtshoorn, Marise Oberholzer, kongres-koördineerder, Dr. Dirk Brand, voorsitter van die SBA en Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut, tydens verlede Donderdagaand se burgemeestersonthaal. Foto: Jacques Swart.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant en aanlyn.