Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Langenhoven Gimnasium is een van slegs drie skole in die hele Eden-Sentraal Karoostreek wie se matriekklas van 2017 'n 100% slaagsyfer behaal het.
Die streek strek vanaf Heidelberg tot by Plettenbergbaai en in die binneland tot by Murraysburg.
Sowat 60 van die 100 matrieks het vandag hulle uitslae by die skool afgehaal.
Die skoolhoof, Stephanus Potgieter, het gesê hy is verheug dat daar uit meer as 700 vakuitslae slegs drie druipvakke was.
Die gemiddeld van die hele groep is 65%.
Dit is die vierde agtereenvolgende jaar dat Gimmies met 100% slaagsyfer kan spog.
Gimmies se topkandidaat, Helena van Heerden, het 'n gemiddeld van 89,7% behaal.
Die ander vier topkandidate is Niel Els (87,9%), Minette Steyn (87,3%), Heinrich Stover (86,9%) en Cameron Nel (86%)
Stephanus Potgieter, skoolhoof van Langenhoven Gimnasium by die skool se top vyf kandidate van 2017. Van links is: Helena van Heerden, Niel Els, Minette Steyn, Heinrich Stover en Cameron Nel. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'