OUDTSHOORN NUUS - Sport Buddy het vanoggend 100 brode aan Vlakteplaas UCC Primêre skool geskenk.
Isak Hendriks, skoolhoof, het hierdie skenking as 'n wonderlike toevoeging tot die skool se bestaande voedingsprogram beskryf.
Sport Buddy het ook verlede week 300 brode aan inwoners van Volmoed oorhandig.
Sport Buddy beoog om met die hulp van borgskappe ook na ander omliggende plase uit te reik.
Van links is Andries Januarie (voorsitter van Vlakteplaas UCC beheerliggaam), Sue-Lanya Ewerts (Sport Buddy), Isak Hendriks (skoolhoof van Vlakteplaas UCC Primêre skool), Byron Michaels en lca Ewerts van Sport Buddy.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'