LADISMITH NUUS - Ladismith-polisie het die afgelope naweek verskeie persone vir besit van dwelms in hegtenis geneem.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie is 10 mense tussen die ouderdomme van 18 en 63 jaar oud in hegtenis geneem.
"Die polisie het op 627 gram dagga, 6 tikstrooitjies en 27 Mandrax-tablette beslag gelê.
"Kaptein Henry Edwardes het die lede bedank vir hul lojaliteit om misdaad te bekamp," het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'