Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Verskeie opslaanhuise in drie aangrensende erwe is in twee brande verwoes.
In die eerste brand gister is twee strukture in Dahlia hof, Bridgton verwoes.
Nog ses is verwoes toe 'n brand vanoggend omstreeks 03:30 op die buur-erf uitgebreek het.
Volgens inwoners is drie persone met brandwonde hospitaal toe. Een gesin se hond is in die brand dood.
Volgens een van die inwoners is die twee brande kwaadwillig gestig.
Kyk 'n video hieronder:
Die munisipaliteit het intussen hout en sink by die erf waar gister se brand was, afgelaai. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'