Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEOS - Die bestuurder van 'n Opel Corsa-bakkie is per ambulans hospitaal toe geneem na 'n botsing by die kruising van St Georges- en St Johnstraat.
Volgens ooggetuies en beeldmateriaal op 'n sekerheidskamera was die Corsa met St Johnstraat onderweg toe die Fortuner uit St Georgesstraat oor die stopstraat gery het en die Corsa getref het.
Dit is nie bekend of enige ander insittendes van die twee voertuie beseer is nie.
Daar was vroeër vanjaar n botsing tussen n motorfiets en n bakkie by dieselfde kruising toe die motorfiets ook nie by die stopstraat stilgehou het nie.
Kyk 'n verskafde video hieronder:
Kyk 'n video deur Hannes Visser hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'