Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Vrou is lig beseer toe die Toyota Tazz waarin sy 'n passasier was, vanaand tussen Oudtshoorn en Calitzdorp gerol het.
Volgens die bestuurder van die motor het 'n agterband gebars waarna die motor die pad verlaat en gerol het.
Behalwe vir die een besering is die ander volwassenes en kinders wat in die motor was ongedeerd.
Die motor was vanaf Calitzdorp na Oudtshoorn onderweg toe die ongeluk plaasgevind het.
Kyk 'n video hieronder:
'n Vrou is lig beseer toe die Toyota Tazz waarin sy 'n passasier was gerol het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'