TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
patatrankie
s.nw., patatrankies.
1 Vkw. van patatrank.
2 (skertsend; verouderend) Goedversorgde mooi jong meisie met 'n skraal figuur: Ek het ... die dag ... skoon die verkeerde ding gedoen en 'n patatrankie saam met my rotse toe geneem ... Sy het meer vrae as 'n nuusgierige kind gevra (Burg., 5 Nov. 1970, bylae, 6). Maties se tamboernooientjies (is) gelei ... deur 'n pragtige patatrankie, van lewensmate 34-24-35 (Huisg., 3 Mrt. 1967, 34).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’