OUDTSHOORN NUUS - ’n Vrou van Bridgton, Oudtshoorn, wat haar jonger suster met ’n koppie teen die voorkop gegooi het, is dié week in die Oudtshoorn-streekhof aan aanranding met die opset om ernstig te beseer skuldig bevind, en vir drie jaar in huisarres geplaas.
Die 31-jarige Janine Hendricks het in haar pleitverduideliking erken dat sy verkeerd opgetree en haar suster haar vergewe het.
Volgens haar het sy en haar suster die betrokke dag saam gedrink. Toe haar suster haar oor haar verlede gekonfronteer het, het sy kwaad geraak en haar met die koppie gegooi.
Streeklanddros Daniel Boks het met vonnisoplegging gesê die tyd sal aanbreek dat die howe direkte gevangenisstraf oplê vir die soort sake wat heeltemal handuit ruk.
Hendricks het haar suster na die polisiestasie agtervolg en die polisie moes pepersproei gebruik om haar tot bedaring te bring.
Sy is tot ses jaar tronkstraf gevonnis wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is, en drie jaar korrektiewe toesig wat onder andere behels, 24 uur per dag in huisarres vir die volle tydperk, behalwe vir werk- en kerkdoeleindes..
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’