Breaking News Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Video word tans wyd op sosiale media gedeel wat wys hoe 'n voertuig Saterdag 1 Maart ongeveer 03:00 die oggend oor twee mense op die Piff in Bridgton gery het.
'n Man en vrou is tydens die ongeluk beseer. Volgens een van die beseerdes het hulle op stoele op die eiland gesit en kuier toe die motor skielik agteruit ry en in hulle vasgery het.
Ilse Plaatjies van Bloemfontein het haar enkel op twee plekke gebreek en moet nou terug Bloemfontein toe vir 'n operasie.
Fernando Saayman het nekbeserings opgedoen en gaan vandag vir 'n verdere mediese ondersoek.
Beide was vroegoggend, Maandag 3 Maart, by Oudtshoorn-polisie om 'n amptelike klag oor die voorval in te dien.
VIDEO: Verskaf
Oudtshoorn Courant het 'n amptelike navraag gestuur aan sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, rakende die voorval.
Lees meer in hierdie week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’