Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen ’n 46-jarige man van Oudtshoorn, ’n pa van drie kinders wat van verkragting van ’n 15-jarige meisie aangekla word, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir konsultasie en instruksies aan sy nuwe regsverteenwoordiger, tot 12 Mei uitgestel.
Die beskuldigde is op 17 Junie verlede jaar borgtog van ’n R1 000 in die Kaapse hooggeregshof toegestaan nadat borgtog in die Oudtshoorn-landdroshof aan hom geweier is.
Waarnemende regter SC O’Brien het op 17 Junie verlede jaar sy aansoek toegestaan op voorwaarde dat hy nie met die staatsgetuies, en spesifiek nie die klaer, kontak maak nie.
Die beskuldigde het nog nie gepleit nie, en volgens wetgewing mag sy naam nog nie bekend gemaak word nie.
Volgens die ondersoekbeampte het die beskuldigde glo die klaagster die betrokke aand in sy motor gelaai en gedreig dat hy ’n video van haar en haar kêrel aan haar pa sou wys, maar sal uitwis indien sy met hom seks sal hê.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni.
Vorige berigte:
- Verkragtingsaak teen pa van drie vir verhoor uitgestel
- Verkragtingsaak teen pa van drie in 2026 voortgesit
- Borgtogaansoek van 46-jarige vir uitspraak uitgestel
- Saak teen pa van drie uitgestel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’