OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen twee verdagtes van Zoar, wat teregstaan op aanklag van poging tot moord en onskuldig pleit, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir die kruisondervraging van die klaer tot 23 Oktober uitgestel.
Gordon Alexander en Jade Pekeur word daarvan beskuldig dat hulle die aand van 6 Julie 2024 vir Jeremy Sass met ’n glas gegooi, ’n graaf geslaan en met ’n mes gesteek het.
Alexander en Pekeur sê dat hulle uit selfverdediging opgetree het. Sass ontken dit omdat hy geen wapen by hom gehad het nie en nie hulle aangeval het nie.
Alexander het hom met die glas gegooi en met ’n graaf oor sy rug geslaan, terwyl Pekeur hom met ’n mes bokant sy linkeroog en sy skouer gesteek het.
Hulle het hom om verskoning gevra en hy aanvaar dit omdat hulle familie is, het Sass getuig.
Die saak dien voor streeklanddros Asanda Shasha van Beaufort-Wes.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’