OUDTSHOORN NUUS - ‘n Jong man van Bongolethu in Oudtshoorn, wat homself aan ‘n 75-jarige vrou ontbloot het, is verlede week in die streekhof aan ontbloting skuldig bevind en vonnisverrigtinge tot 19 Junie uitgestel.
Simphiwe Blaauw (18) het op 1 Februarie 2023 na hul buurvrou se huis gegaan en vir ‘n bietjie water gevra om te drink.
Die vrou het getuig dat sy onrustig geword het toe hy lank aan die water gedrink het. Toe hy die deur wou toemaak het sy gekeer. Daarna het hy hom aan haar ontbloot.
Blaauw het ontken dat hy in die huis van die klaer was, maar sy ontkenning is deur die hof verwerp.
Streeklanddros Daniel Boks het die vrou wat haar kierie geneem en na die polisiestasie gestap het as ‘n geloofwaardige getuie bevind.
Vonnisoplegging is vir ‘n korrektiewe verslag uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’