OUDTSHOORN NUUS - Die verhoor van ’n man van Bongolethu in Oudtshoorn, wat daarvan aangekla word dat hy ’n verstandelik gestremde vrou verkrag het, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof na die verdagte se getuienis vir ’n verdedigingsgetuie tot 29 September uitgestel.
Wandile Jullies pleit onskuldig. Hy erken dat hy die aand van 1 Maart 2023 geslagsgemeenskap met die 44-jarige vrou gehad het en dat dit met haar toestemming was.
Sy het hom na haar huis genooi nadat hulle saam by ’n tavern gekuier het. Hulle ken mekaar van kinderdae en hy is nie daarvan bewus dat sy verstandelik gestremd is nie. Hy weet nie waarvan die staatsaanklaer, Nadia Arnolds, praat nie, het hy met kruisondervraging getuig.
Die vrou het hom selfs gevra om ’n kondoom iewers te gaan kry toe hy haar om seks gevra het.
Die saak dien voor streeklanddros Daniel Boks en Jullies is op borgtog vrygelaat.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’