Breaking News
DYSSELSDORP NUUS - Oudtshoorn-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings is dringend op soek na ’n verdagte in ’n verkragtingsaak.
Volgens ao. Anton Kock van die eenheid het die man ’n jong meisie in Dysselsdorp by die rugbystadion oorval toe sy onderweg na haar huis was.
“Die meisie en haar kind was onderweg na hul huis toe sy deur ’n onbekende man oorval en verkrag is. Hy het weggehardloop waarna sy die voorval aangemeld het.
Volgens haar beskrywing was dit ’n bruin man met ’n medium gelaatskleur en was hy geklee in ’n grys kappietrui en was sy gesig met ’n swart masker bedek. Hy het ook ’n mes by hom gehad.”
Enigiemand wat die verdagte herken of weet waar hy hom bevind kan ao. Kock by 083 308 1203 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’