OUDTSHOORN NUUS - 'n Man van Bridgton is in die moeilikheid nadat hy 'n tydjie gelede die plaaslike adjunk-balju omgestamp en weggejaag het by Shoprite Checkers.
Volgens Gerda Tait, was sy en haar man, James wat die plaaslike adjunk-balju is onderweg in die dorp toe hul 'n voertuig opmerk het wat by Shoprite geparkeer was. Die balju soek reeds 'n maand na die spesifieke voertuig.
Die adjunk-balju was voor die voertuig waarna die man eenvoudig die voertuig aangeskakel het en hom aan sy regersy gestamp het. Hy het vorentoe beweeg met die voertuig waarna die adjunk-balju uit die weg gerol het.
"As James nie gerol het nie was hy onder die voertuig in."
Hulle het die voertuig agterna gesit tot in Bridgton waar die voertuig en die persoon by sy huis aangekeer is. Sy het hulp gevra op die plaaslike WhatsApp-groep, Oudtshoorn Community Against Crime.