OUDTSHOORN NUUS - Die strategiese ontplooiing van wetstoepassingsbeamptes langs die in- en uitgangsroetes van die streek, lewer goeie resultate. Dwelms met 'n geraamde straatwaarde van R25 000 is op die N1 naby Prins Albert gekonfiskeer.
Volgens sers. Christopher Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het Sentraal-Karoo- en Prins Albert-polisielede op Kersdag, 25 Desember omstreeks 07:00 'n voertuigkontrolepunt langs die N1 uitgevoer waar 'n Toyota Quantum-minibus afgetrek is.
Met die deursoeking van die voertuig het hulle afgekom op twee reissakke met 253 bondels Khat. Die dwelms is verbind met 'n passasier in die voertuig en is hy in hegtenis geneem op 'n klag van handel dryf met dwelms.
Die 24-jarige verdagte was op reis na Kaapstad. Hy bly in aanhouding en sal na verwagting later in die week in die plaaslike hof verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’