OUDTSHOORN NUUS - 'n Saak van roekeloos en nalatige bestuur is deur Oudtshoorn-polisie geopen nadat 'n jongman van Bridgton, Clifton Karelse Donderdag 10 Oktober deur 'n motorbestuurder omgery is. Di saak is intussen verander na strafbare manslag. Volgens lt.kol. Malcolm Pojie, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, is hy na George-hospitaal geneem vir behandeling van sy beserings maar het op 11 Oktober aan sy beserings beswyk.
"Die voorval word verder ondersoek en geen arrestasies is tot dusver gemaak nie."
Enige persoon met inligting rakende die insident word gevra om Crime Stop by 08600 10111 te kontak, of gebruik te maak van die MySAPS-toepassing om inligting anoniem deur te gee.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’