DE RUST NUUS - Lede van die De Rust-polisie het die afgelope naweek twee mans vir dwelms ter waarde van R50 000 in hegtenis geneem.
Volgens sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die polisie ’n grys Ford Fiesta, langs die N12 opgemerk.
“Die lede het die voertuig genader, maar die voertuig het weggejaag. ’n Hoëspoed-jaagtog het gevolg. Lede het opgemerk dat ’n pakkie uit die voertuig gegooi word, maar hulle het die voertuig agternagesit en dit tot stilstand gebring.
"Die waaksame lede het na die aanvanklike toneel teruggekeer en ’n pakkie met Mandrax-tablette gevind. Die polisie het die vonds gekonfiskeer en die bestuurder sowel as sy passasier in hegtenis geneem op ’n aanklag van dwelmhandel.”
Albei verdagtes, 24 en 36 jaar oud, bly in polisie-aanhouding. Die Wes-Kaapse dwelmeenheid hanteer die ondersoek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’