OUDTSHOORN NUUS - Borgtog is verlede week aan twee mans van Oudtshoorn en drie Malawiese burgers, wat van besigheidsroof aangekla word, geweier.
Clinton Bridges (25) en Robert Pinta (30) van Bongolethu Oudtshoorn, en Gift Kwawanda (35), Patrick Joseph (37) en Robert Nine, drie Malawiese burgers wat in Johannesburg woon, het volgens die klagstaat op 18 Januarie vanjaar by ’n Pep Stores in Oudtshoorn ingebreek en 150 selfone en twee houers met handsakke ter waarde van meer as R200 000 gesteel.
Die staatsaanklaer, Thuba Nyamati, het borgtog teengestaan vanweë die verdagtes se vorige veroordelings en van hulle nie oor vaste adresse beskik nie.
Landdros Ndwandwa het borgtog aan die vyf geweier omdat hulle waarskynlik kan vlug en nie bewys het dat dit in belang van geregtigheid is om borgtog aan hulle toe te staan nie.
Die saak is vir ’n streekhofbeslissing tot 26 Mei uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’