Breaking News Update
OUDTSHOORN NUUS - Die borgtogaansoek van vier verdagtes wat in hegtenis geneem is ná die beweerde aanranding van drie kinders in Van der Rietstraat op 23 Januarie, is tans in die Oudtshoorn-landdroshof aan die gang.
James Tait is op Maandag 16 Februarie in hegtenis geneem kort nadat sy vrou, Gerda Tait, en haar medebeskuldigde, Johann Scholtz, hul eerste hofverskyning gemaak het.
Die egpaar en Scholtz het vroeër in Februarie in die hof verskyn in verband met die voorval wat groot reaksie onder inwoners ontlok het.
Die vierde verdagte, Wayne Ellis, is verlede week in hegtenis geneem. Hy het reeds Vrydag om borgtog aansoek gedoen en is op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Konstabel Tazaan Hamman, die ondersoekbeampte in die saak, is tans besig om in die borgtogverrigtinge te getuig.
Die verrigtinge sal 14:00 voortgaan.
Die saak duur voort.
Vorige berigte:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’