Breaking News
OUDTSHOORN NUUS - Die liggaam van ‘n baba, vermoedelik 'n seuntjie, is Woensdagmiddag, 10 Julie by die rioolsuiweringswerke gevind. Dit is nie duidelik hoe die liggaam daar gekom het, of waaraan die kind dood is nie.
Oudtshoorn-polisie is tans op die toneel waar die liggaam gevind is.
Volgens lt.kol.Malcolm Pojie, die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, is forensiense deskundiges, asook speurders tans op die toneel om ondersoek in te stel.
"Die liggaam sal aan die forensiese patologiese afdeling oorhandig word om die oorsaak van dood te bepaal. 'n Saak van verberging van 'n swangerskap word ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’