Advertorial Gallery Video
OUDTSHOORN SAKENUUS EN VIDEO - Dit was beslis die moeite werd om verlede jaar drie maande se ontwrigting te verduur as mens na die resultate die afgelope jaar kyk.
Dit is die mening van die eienaars van Winston Linford Motors, Naomi en Kevin Linford oor hulle besluit verlede jaar om die onderneming 'n splinternuwe baadjie aan te trek.
Vandeesweek is dit presies 'n jaar nadat die splinternuwe voorkoms van Winston Linford Motors se vulstasie en dienswinkel, The Quick Shop, aan klante voorgestel is. Die onderneming is 36 jaar gelede deur Kevin se pa, Winston, begin en hy en Naomi het dit in 1992 oorgekoop.
"Ons kan nie glo 'n jaar het reeds verloop sedert die opknappingswerk nie," het hulle Dinsdag gesê.
Behalwe dat dit die perseel se eerste verjaarsdag met 'n nuwe en moderne aansig is, is dit ook The Quick Shop se mondigwording. Dié nutswinkel wat omtrent enige noodsaaklikheid vanaf koopkrag tot doeke vir volwassenes verkoop, is vanjaar 21 jaar oud.
Die winkel is van Maandag tot Donderdag vanaf 07:00 tot 21:30 en Vrydag tot Sondag vanaf 07:00 tot 23:00 oop.
Die bestuurspan van Winston Linford Motors is, van links: Imke Linford,Stefan Griessel, Kevin Linford, Neville Linford, Naomi Linford, Elize Bezhuidenhout en Pierre Du Toit. Foto: Hannes Visser
Winston Linford Motors se vulstasie is 24 uur per dag, 365 dae per jaar oop en het 'n trotse rekord van bykans vier dekades se vinnige en vriendelik diens. Dit is uit en uit 'n familie-onderneming waar klante se behoeftes eerste gestel word.
Behalwe vir die vulstasie en goedtoegeruste nutswinkel is Winston Linford Motors ook bekend vir die verhuring van betroubare sleepwaens in 'n verskeidenheid groottes teen billike tariewe.
Die vulstasie het ook meer as genoeg ys wat te koop is. Besoek gerus die vriendelike span van Winston Linford Motors in Voortrekkerweg.
Vir enige navrae skakel hulle by 044 279 1722.
Kyk video's hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'