Advertorial
OUDTSHOORN NUUS - As jy die naam Watsons in die vleisbedryf hoor, dan is dit sinoniem met die béste vleis.
Ewald Watson, eienaar van die nuwe toevoeging tot die Watsons vleisbedryf, Watson & Sons, 'n slaghuis in Dassieweg Oudtshoorn, het ten spyte van Oudtshoorn se talle slaghuise 'n gaping in die vleismark gesien en die gaping op die perfekte wyse gevul.
Waar die vorige Karibu Slaghuis in Dassieweg geleë was, daar is Ewald se nuwe Watson & Sons slaghuis nou geleë. Ewald, 'n blokman en spesialis in die vleisbedryf, bied nie net kwaliteit en bekostigbare vleis nie, maar hy het die diens só uitgebrei dat die interaksie tussen die klante en sy personeel 'n vriendskapsband raak.
Met sy groothandelverskaffing lewer Watson & Sons op 'n daaglikse basis vleis by besighede af. Hy het sy diens nog verder uitgebrei en lewer nou op versoek by die publiek af met bestellings hoër as R250.
Hy bring nie net vleis na besighede en die algemene publiek nie, maar ook sy diens. Hy en sy blokman, Deon Thuynsma, besoek jou op versoek en lewer hul kundige diens net daar waar jy 'n blokman benodig. Behalwe vir Ewald se jare lange ondervinding in die vleisbedryf, kan jy net die beste verwag van 'n man wat sy blokman opleiding by WNNR in Pretoria ondergaan het en daarna die kundigheid vervolmaak het in Keulen, Duitsland.
Dis nie net die blokman diens wat hy na jou voorstoep bring nie, maar sy groothandel kundige, Anna Adams, kom adviseur jou by jou besigheid. Ook hier lewer Ewald bystand om die diens af te rond. "Vir my en my personeel is 'n persoonlike verhouding met die klante van kardinale belang," vertel Ewald. Dit is een van die redes waarom goedgekeurde klante op rekening vleis by hom kan aankoop.
Die produk op Watson & Sons se rakke en in hul koelkaste word vars op vleisveilings aangekoop. So word dit ook op 'n weeklikse basis van DC Meats, Paarl, en Unico Cold Meats aangery.
As jy die beste diens en vars vleis van hoogstaande gehalte wil aankoop, gaan praat met Ewald, 'n man wat tien jaar deel was van die Watsons firma, sewe jaar op die Loxton Karooplase geboer het en vleis by die snit ken.
Winskopies
Tot Woensdag 6 Desember, bied Watson & Sons die volgende winskopies aan:
- Gemengde lamstjops (gevries) - R89,95 p/kg
- Gewoon / wildsdroëwors - R165,55 p/kg
- Potjiekos lam & skaap gemengde skenkels - R95,95 p/kg
- Beeskookvleis - R41,55 p/kg
- Beef fillets (chain off) - R99,95 p/kg
- Gemengde sosaties - R69,95 p/kg
Skakel Watson & Sons gerus vandag nog by 044 279 1571 of 044 279 1588.
Ewald Watson (voor - tweede van links) en sy vriendelike ervare personeel. Foto: Christo Vermaak
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'