Advertorial
OUDTSHOORN NUUS - Die dae van klere vir droogskoonmaak oor die berg stuur, is verby.
Danksy die inisiatief van die eienaars van die splinternuwe Washing Darlings kan Oudtshoorniete nou plaaslik aanklop by 'n wassery wat ook 'n droogskoonmaakdiens bied.
Toe Morné en Lynette Janse van Rensburg besluit het om Oudtshoorn toe te verhuis wou hulle die sakebelange waarby hulle reeds betrokke was, uitbrei.
Hulle het met 'n goeie vriend en bekende oudsakeman van die dorp, Leon Vorster, hande gevat en saam as aandeelhouers Washing Darlings begin.
"Ek en Lynette was op soek na 'n beter kwaliteit lewe en aangesien ons seun vanjaar met gr. 1 begin wou ons vir hom ook 'n beter leefwyse gee.
"Ons kom reeds die afgelope twaalf jaar Oudtshoorn toe met vakansie en sien groot potensiaal in die area," het Morné Dinsdag gesê.
Washing Darlings is 'n splinternuwe onderneming wat op 18 Desember oopgemaak het.
Die ruim lokaal in Parkweg in die Camp Roadhouse-gebou oorkant die Infanterieskool is toegerus met die nuutste omgewingsvriendelike masjiene.
Met die nuwe masjiene word 'n volledige reeks was-, stryk- en droogskoonmaakdienste aangebied.
Volgens Morné onderskei Washing Darlings homself van ander wasserye met die nuutste tegnologie, masjiene wat omgewingsvriendelik is en pryse wat uiters kompeterend is.
Dan is Washing Darlings natuurlik sover bekend, die enigste wassery wat ook op die perseel 'n droogskoonmakery het.
Op 'n vraag waarom hulle juis 'n wassery begin het, sê Morné met die teenwoordigheid van die weermag en die groot aantal gastehuise en ander toerisme instellings in die dorp is daar 'n groot potensiaal vir 'n puik wassery.
Die drie aandeelhouers is nie groentjies in die sakewêreld nie. Morné is by verskeie ander besighede betrokke en Lynette besit binnenshuise-versieringsondernemings, Red Poppies en Red Poppies Kids in Johannesburg.
Sy beplan om 'n tak in Oudtshoorn oop te maak.
Leon Vorster is reeds 'n bekende inwoner en het vir etlike jare Camp Roadhouse en Wes-Handelshuis besit.
Washing Darlings is van Maandae tot Vrydae tussen 07:00 en 18:00 en Saterdae tussen 07:00 en 13:00 oop.
Leon Vorster en die bestuurder, Natasha Heunis, sal persoonlik na kliënte omsien.
Maak gerus 'n draai by Washing Darlings in Parkweg of skakel hulle by 071 552 5263.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'