Advertorial
SUID-KAAP SAKE NUUS - Maryke Landman, staan behoorlik haar plek sedert 2013 vol by Rauch Gertenbach Prokureurs.
As toegelate prokureur en notaris, dien sy op die firma se direksie en is sy verantwoordelik vir die bedryf van die kantoor in George.
Maryke bied aan die firma se kliënte gespesialiseerde kennis as akte-uitmaker en hanteer maandeliks 'n magdom eiendomsoordragte, verbandregistrasies en -kansellasies.
Met haar uitgebreide kennis in die veld van eiendomstransaksies en -oordragte, bied sy 'n onberispelike en uitnemende diens aan die firma se kliënte.
Sy is ook 'n gekwalifiseerde insolvensie praktisyn en dien op die meester van die hooggeregshof se paneel vir likwidasies. Raadpleeg gerus met hierdie bekwame vrou vir spesialis advies aangaande eiendomstransaksies, testamente, huweliksvoorwaarde kontrakte en notariële werk, asook insolvensies en likwidasies.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'