Tans is meer as 60% van eise vir ernstige siektes wat deur die lewensversekerings-bedryf erken word in enige jaar, suiwer aan kanker toe te skryf. Dis waarom Sanlam suiwer kankervoordele bekend gestel het. Ons wil mense in staat stel om direkte oplossings te kry vir wat hulle die meeste bekommer. Ons het gesien mense is oor die algemeen meer bekommerd oor die risiko van kanker as oor die risiko van enige ander siekte, en wanneer ’n mens na die nuwe vooruitskattings kyk, verstaan jy waarom.
Die groter blootstelling aan kennis en mediese navorsing maak meer mense bewus van hul vatbaarheid vir sekere siektes. Al hoe meer mense soek dus na pasgemaakte voordele wat siektes sal dek waaroor hulle die meeste bekommerd is.
Baie mense wil graag hul dekking vir kanker opstoot, maar tot dusver kon hulle dit net doen deur die versekerde bedrag van hul omvattende dekking vir kritieke siektes - wat kanker en ook ander siektes insluit - te verhoog.
’n Suiwer kankervoordeel is ook ’n alternatiewe oplossing vir mense wat om ander mediese redes as kanker nie omvattende dekking vir kritieke siektes kan verhoog of bekom nie. En as bekostigbaarheid ’n belangrike oor-weging is, kan suiwer kankervoordele ’n oplossing wees om ’n meer bekostigbare totale pakket saam te stel deur omvattende en suiwer kankervoordele te kombineer.”