So as u kinders het, 'n eiendom besit of 'n nuwe huiseienaar is, enige bates het, op trou staan, besig is om te skei of saamwoon dan moet u 'n testament hê.
Hoekom moet u 'n testament hê?
Indien u 'n testament laat opstel, verseker u dat u bates na u dood in ooreenstemming met u wense verdeel word. Hierdie voorreg word "testeervryheid" genoem.
Hoekom moet 'n prokureur u testament opstel?
Prokureurs is regsgeleerdes en professioneel.
'n Prokureur kan u adviseer oor enige navraag wat mag ontstaan met betrekking tot u testament. Prokureurs het die nodige kennis en ondervinding om te verseker dat u testament geldig is, en in ooreenstemming met u wense is.
Testamente is soms nie geldig nie, omdat die persoon wat die testament opgestel het, moontlik nie die nodige regskennis het om te verseker dat die testament aan regsgeldige vereistes voldoen nie.
Wat sal met u boedel/bates gebeur indien u sonder 'n testament sterf?
Indien u sonder 'n geldige testament te sterwe kom, sal u bates in ooreenstemming met die bepalings van die intestate erfreg verdeel word.
Die bepalings van die Wet op Intestate Erfopvolging is redelik regverdig en sal verseker dat u bates onder u eggenoot en kinders verdeel word.
Die volgende probleme mag ontstaan in-dien u sonder 'n geldige testament sou sterf:
- U bates kan moontlik aan 'n ander persoon as die persoon van u keuse nagelaat word.
- Dit kan langer neem vir die Meester van die Hooggeregshof om 'n eksekuteur aan te stel. Die eksekuteur mag ook moontlik 'n persoon wees wat u nie self sou gekies het nie.
- Daar is 'n moontlikheid van onnodige en addisionele kostes.
- Daar kan ongelukkigheid en konflik onder u familielede ontstaan omdat daar geen duidelike instruksies is hoe u bates verdeel moet word nie.
Voorwaardes:
- Slegs prokureurs wat aan die Nasionale Testamentweek deelneem, sal u testament gratis opstel.
- Die Testamentweek duur slegs van 17 tot 21 September.
- Slegs 'n nuwe, basiese testament sal opgestel word. Geen wysigings of
- heropstellings van bestaande testamente sal gedoen word nie.
- Afsprake moet met 'n prokureur wat deelneem aan die Testamentweek, gemaak word.
Die kontakbesonderhede van 'n prokureur wat u testament gratis sal opstel is verkrygbaar op www.LSSA.org.za of skakel die prokureursorde in die Wes-Kaap by 021 443 6700.