Sponsored Content
OUDTSHOORN NUUS - Isuzu pronk met hulle eerste ware SUV, die Isuzu MU-X wat tans in CP Nel Motors se vertoonlokaal staan. Hierdie unieke sewesitplek MU-X SUV, wat in Mei vanjaar bekendgestel is, is in twee- en viertrek aangedrewe modelle beskikbaar.
Dit is die hoogtepunt in 'n ultraluukse en moderne era van SUVbestuursgenot. Dié luuksheid is net in outomatiese sesspoed-ratkas beskikbaar.
Die laaste Isuzu SUV, die Isuzu KB 280 Frontier LX, was nog tot in 2003 in Suid-Afrika beskikbaar. Nou het die tyd aangebreek om die ware Jakob te bekom.
Die tweetrek kan vanaf R568 000 bekom word, terwyl die viertrek vanaf R629 000 beskikbaar is. CP Nel se span nooi die publiek uit om 'n afspraak te maak om die splinternuwe Isuzu MU-X te toetsbestuur.
Die belangrikste spesifikasies van die Isuzu SUV is:
- Drie liter aangedrewe enjin
- Krag: (kw) @ r/min - 130 @3600
- Wringkrag: (Nm) @ r/min - 380 @1800- 2800
- Brandstoftipe: Diesel
- Bandgrootte: 255 / 60 R18
- Lengte (mm): 4 825
- Breedte (mm): 1 860
- Sitplekbekleeding: Leer
'n Volledige spesifikasielys is by CP Nel beskikbaar.
Opgewonde personeel van CP Nel Oudtshoorn by die nuwe sewesitplek Isuzu MU-X SUV.
Vir meer inligting kan CP Nel Oudtshoorn geskakel word by 044 203 3400 (e-pos: admin@cpnel.co.za).
Besoek hulle by CP Nel Oudtshoorn langs ABSA in Hoogstraat, om die nuwe model te bekom.
* Isuzu - With you for the long run.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'