Advertorial
OUDTSHOORN SAKENUUS - Marida Serfontein (38), ervare oogkundige, het haar onlangs by die bekende oogkundige praktyk op die dorp, SpecSavers, aangesluit.
Marida, wat oorspronklik van Mpumalanga afkomstig is, vertel dat sy aanvanklik na skool (1999) as aupair in Nederland gaan werk het.
Daar het sy kennis gemaak met Henk Stamp, wat ook ‘n bekende oftalmoloog op dié dorp (Hilversum) is. Henk het haar per geleentheid gevra om so bietjie te kom help by sy praktyk waarna sy ingestem het.
“Biologie en Wetenskap was altyd my gunsteling vakke op skool en waarin ek uitgeblink het - meer spesifiek die oog,” sê sy. “Vanaf my eerste dag by Henk se praktyk het ek besef dat optometrie my passie is en dat ek niks anders vir ‘n lewe wou doen nie. “In 2000 het ek besluit om ‘n formele Optometrie kwalifikasie agter my naam te kry en my toe ingeskryf vir ‘n graadkursus by die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) wat nou die Universiteit van Johannesburg (UJ) heet.”
Haar eerste werkervaring as volwaardige oogkundige het in 2004 by LG Oogkundiges op Kuruman begin. Tussendeur haar werk in hierdie periode het sy ook haar gunsteling stokperdjies, drama en fotografie, gestudeer.
“Ek en ‘n vriendin het eendag deur ‘n oogkundigenuuskoerantjie geblaai en gesien dat daar oogkundige-poste in Trinidad en Tobago (Karibiese-eilande) beskikbaar is. Vir die avontuur en ervaring het ons besluit om aansoek te doen en groot was ons verbasing toe ons aansoeke gekeur is. Die vier jaar wat ek daar werksaam was, was sonder twyfel my mees opwindendste en leersaamste ooit.”
Marida is ook ‘n kranige, gekwalifiseerde gesondheidsafrigter en joga-instrukteur. Sedertdien het sy ook deeltyds by verskeie oogkundige praktyke in Suid-Afrika gepraktiseer terwyl sy ‘Health Coaching’ gestudeer het. Omdat daar ‘n noue verband tussen die mens se fisiologiese gesondheid en sy oë is kan Marida dus ook oogpasiënte adviseer om gesonder leefstyle te ontwikkel. Pasiënte met diabetes, hipertensie en hoë stresvlakke kan veral by hierdie kennis van haar baat vind.
Marida en haar man, Louis Serfontein, het albei familielede wat op Oudtshoorn woon en beplan dié paartjie om permanent nes te skop op die dorp. Oor haar nuwe tuiste by SpecSavers sê sy dat haar kollegas haar sommer met die intrapslag dadelik tuis laat voel het.
“Ek geniet Oudtshoorn en sy warm vriendelike mense terdeë.”
Besoek die Spec Savers span in Kerkstraat, Oudtshoorn. Maak vandag jou afspraak deur te skakel tel 044 279 1223. Of stuur ‘n epos na oudtshoorn@specstores.co.za. Vir bekostigbare oogsorg.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'