Advertorial
PROMOSIE-ARTIKEL - En van kuns en vermaak loop die 28ste KKNK, geborg deur Absa, wat van Saterdag 23 tot Sondag 31 Maart 2024 in Oudtshoorn aangebied word, se aanbod oor.
Dié datums val in die Maart-skoolvakansie en die fees eindig oor Paasnaweek.
Goeie kuns, in al sy vorme en genres, laat die mens – soos tydens 'n heerlike Desember-vakansie – vir 'n wyle van die lewe se kwellinge vergeet. Kuns is medisyne vir die siel. By die 2024 KKNK wag daar 'n kuur vir elke kwaal.
Snykant teater, debuutwerke en dramas wat heelmaak. Komedie vir onfikse lagspiere. Musiek in al sy vorme vir jeukvoete. Kos en wyn virrie pyn. 'n Kultuur-inspuiting vir skermverslaafdes. En 'n kleinhuisie meer.
Die KKNK het die regte medisyne vir jou!
Strate gaan wemel en die Feesmark dreun met musiek deur van Suid-Afrika se top-musikante, 'n magdom stalletjies om van te kies en keur, vermaak vir die jongspan, 'n KKNK-winkel, kroeë en hope ander vermaak.
Gratis vermaak is volop met straatoptredes, aktuele gesprekke, boekgesprekke, asemrowende visuele kunsuitstallings en vele geleenthede om die Klein-Karoo te ervaar en net gesellig saam te kuier.
Sien. Beleef. Ervaar. Herlaai. Heel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’