Soos die naam aandui, is die ruim vulstasie 'n oase vir motors en hul base. Sasol Oasis het in Junie 2004 vir die eerste keer begin handeldryf en het van die eerste dag daarna gestreef om hoë diensleweringstandaarde te handhaaf en elke klant welkom te laat voel.
Vir 2015 is daar ook opwin-dende planne met 'n nuwe C-Store in die vooruitsig.
Sasol Oasis word deur die Coomans-familie, Johan, Alet en hul seun, MC besit. Hulle daaglikse teenwoordigheid skep 'n warm familie-atmosfeer by die besigheid.
Hulle is baie dankbaar vir die klante se jare lange ondersteu-ning en sê ook dankie aan die personeel vir hul getroue diens en lojaliteit. "Ons wil spesiaal dankie sê aan Nelliswa Maqotana, She-Urll Nel, Marthina Mains, Mandisa Arosi en Shadrack Dingizwayo wat meer as ses jaar dienslewering het. Dit is waarlik 'n prestasie om op trots te wees," sê MC Coomans.
Sasol Oasis het in die eerste dekade hul staal gewys met flink, vriendelike diens.
Die produkte in die geriefswinkel word daagliks vars voorberei en die verskeidenheid weg-neemetes is boonop billik in prys en heerlik. Ons het elke maand nuwe opwindende promosies wat die klante geld bespaar en hulle die kans gee om van die promosiepryse te wen. Dié maand kan elkeen wat 'n promosie-kombo koop, 'n kans staan om 'n Samsung-selfoon te wen.
"Ons geriefswinkel bied alles wat nodig is vir 'n 'one stop shop' van braaihout en ys tot lugtyd en koopkrag, asook OTM's om die nodige kontant te trek om vir alles te betaal.
"Daar is ook heerlike warm koffie wat by tafeltjies binne of buite geniet kan word - die perfekte plek om 'n mens se daag-likse koffie-fix te kry en op te vang met die nuutste nuus, vertel MC.
Die publiek is reeds bewus van die nuwe 10ppm diesel wat Sasol vervaardig. Sasol Oasis hoop om in die nabye toekom hierdie
uiters skoon diesel aan te bied.
Die Sasol Oasis is soos almal sekerlik weet, op die hoek van Nelson Mandela-boulevard en Kragstasiestraat. Dit is mos die plek van waar af almal beduie hoe om verder te ry!
Loer gerus in of vind meer uit by 044 884 1316. Die vriendelike personeel sal graag help, of besoek die Sasol Oasis se webwerf by wikivillage.com.

Die geriefswinkel het heerlike koffie en genoeg kuierplek binne.

Die Sasol Oasis se lekker koffie kan ook buite geniet word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'